Spring na inhoud

Links: Broer Aleksandr Skwortsof. Regs: Broer Waleri Tibi

27 JUNIE 2023
RUSLAND

Broer Skwortsof en Tibi word skuldig bevind

Broer Skwortsof en Tibi word skuldig bevind

Op 20 Junie 2023 het die Taganrog-stadshof in die Rostof-streek broer Aleksandr Skwortsof en Waleri Tibi skuldig bevind. Aleksandr is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Hy is al sedert 7 Desember 2021 in aanhouding voor sy verhoor en sal in aanhouding bly. Waleri is ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Hy is al sedert 18 Mei 2022 in aanhouding en is uit die tronk vrygelaat.

Profiel

Ons dank Jehovah vir sy liefde en leiding, wat dit vir ons moontlik maak om elke uitdaging wat na ons kant toe kom, te kan hanteer. – Psalm 5:12.

Tydlyn

  1. 20 Maart 2021

    Die Skwortsof-gesin se huis word deursoek

  2. 7 Desember 2021

    Die Skwortsof-gesin se huis word vir ’n tweede keer saam met 29 ander Getuies van Jehovah se huise in Taganrog deursoek. Broer Skwortsof is krimineel aangekla en in tydelike aanhouding gesit

  3. 8 Desember 2021

    Aleksandr word in aanhouding voor sy verhoor gesit

  4. 29 Maart 2022

    Kriminele saak word teen Waleri gemaak

  5. 31 Maart 2022

    Speurders kombineer die sake teen Aleksandr en Waleri

  6. 18 Mei 2022

    Waleri word gearresteer en in tydelike aanhouding gesit

  7. 26 Mei 2022

    Waleri word in aanhouding voor sy verhoor gesit

  8. 6 Desember 2022

    Kriminele verhoor begin

  9. 20 Junie 2023

    Aleksandr word tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Waleri is ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee

a b Gedurende die voorbereiding van hierdie artikel was broer Skwortsof en broer Tibi in aanhouding voor hulle verhoor en was dit nie moontlik om persoonlike kommentare by hulle te kry nie.