Spring na inhoud

Broer Wladimir Aloesjkin saam met sy vrou, Tatiana

16 SEPTEMBER 2020
RUSLAND

Broer Wladimir Aloesjkin sal nie weer tronk toe hoef te gaan nie

Broer Wladimir Aloesjkin sal nie weer tronk toe hoef te gaan nie

Op 16 September 2020 het die Penza-streekhof uitspraak gelewer in die appèlsaak van die volgende broers en susters: Aloesjkin, Koeljasof, Maglif, Timosjin, Aloesjkina en Olchowa. Die hof het broer Aloesjkin se oorspronklike tronkvonnis van ses jaar verminder na ’n opgeskorte vonnis van vier jaar. Ons is bly dat hy nie weer tronk toe hoef te gaan nie. Die opgeskorte tronkvonnisse wat die ander broers en susters oorspronklik gekry het, bly dieselfde.