Spring na inhoud

Suster Tatjana Aloesjkina groet haar man, Wladimir, met ’n drukkie nadat hy uit die tronk vrygelaat is

10 APRIL 2020
RUSLAND

Broer Wladimir Aloesjkin vrygelaat uit die tronk

Broer Wladimir Aloesjkin vrygelaat uit die tronk

Broer Wladimir Aloesjkin is op 30 Maart 2020 uit die tronk vrygelaat en is nou weer saam met sy vrou.

Hy is vrygelaat as gevolg van die uitspraak deur die Penza-streekhof op 25 Maart, wat in ’n vorige nuusartikel genoem is. Hierdie uitspraak het die uitspraak van die vorige hof teen broer Wladimir Aloesjkin, Wladimir Koeljasof, Andrei Maglif en Denis Timosjin, sowel as suster Tatjana Aloesjkina en Galija Olchowa verander. Die Penza-streekhof het die saak teruggestuur na die oorspronklike hof sodat dit deur ’n ander regter oorweeg kan word. Intussen is al ses onder reis- en ander beperkings.

Hoewel ons bly is om te hoor dat broer Aloesjkin vrygelaat is, is ’n ander broer in die verre noord-ooste van Rusland twee dae later vir sy geloof skuldig bevind. Solank as wat hierdie onregverdige regsaanvalle aanhou, weet ons dat ons broers en susters in Rusland op die woorde in Nahum 1:7 sal vertrou: “Jehovah is goed, ’n vesting in moeilike tye. Hy hou dié in gedagte wat by hom beskerming soek.”