26 JANUARIE 2021
RUSLAND
Broer Wladimir Filippof wat 77 jaar oud is, kan tot ses en ’n half jaar tronk toe gestuur word
Datum van uitspraak
Op 27 Januarie 2021 a word daar verwag dat die Nadezjdinski-distrikshof van die Primorski-gebied die uitspraak sal gee in die saak van broer Wladimir Filippof. Hy kan tot ses en ’n half jaar lank tronk toe gaan.
Profiel
Wladimir Filippof
Gebore: 1943 (Oktjabrski, Nowosibirsk-streek)
Agtergrond: Sy pa het in die Tweede Wêreldoorlog gesterf kort voordat hy gebore is. Het in 1964 gegradueer aan die artillerieskool in Tomsk as ’n luitenant. Het in 1967 met sy vrou, Ljoebof, getrou. Was 27 jaar lank in die weermag voordat hy afgetree het
Begin kort ná sy vrou om die Bybel te studeer in 1994. Albei is die volgende jaar gedoop
Geskiedenis van saak
In Augustus 2017 begin die owerhede in die geheim om oudio- en video-opnames te maak van broer Filippof en ander broers in Razdolnoje. Die owerhede het maande lank in die geheim opnames gemaak van Wladimir wat by vergaderinge gepraat het en die Bybel met sy bure bespreek het.
Op 19 Julie 2018 het gewapende en gemaskerde offisiere van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) by broer Filippof se huis ingestorm. Die FSB-offisiere het Wladimir, wat toe 75 jaar oud was, in die gesig geslaan, hom gedwing om op die vloer te lê, sy hande agter sy rug vasgemaak en sy blyplek deursoek. Sy huis is nog twee keer deursoek, in Augustus 2019 en Januarie 2020. Nadat Wladimir se huis die tweede keer deursoek is, is hy krimineel aangekla.
Mag Jehovah aanhou om ons broers en susters die krag te gee wat hulle nodig het om hulle geloof en vreugde te behou! – Jesaja 40:29, 31.
a Kan heel moontlik verander.