Spring na inhoud

31 JANUARIE 2019
RUSLAND

Dennis Christensen se beslissing word op 6 Februarie 2019 gelewer

Dennis Christensen se beslissing word op 6 Februarie 2019 gelewer

Die saak teen Dennis Christensen wat gehou is in Zjeleznodorozjni-streekhof in Oriol is verby en die regter sal die beslissing op Woensdag 6 Februarie 2019 lewer.

Broer Christensen is in aanhouding vandat hy op 25 Mei 2017 gearresteer is. Sy kriminele verhoor het op 19 Februarie 2018 begin. As broer Christensen skuldig bevind word, het die staatsaanklaer gevra dat hy tot ses en ’n half jaar tronkstraf gevonnis moet word.

Al is broer Christensen al meer as 20 maande lank in die tronk, bly hy positief en vertrou hy ten volle op Jehovah. Hy is ook dankbaar vir die gebede van die broederskap reg oor die wêreld. – 2 Tessalonisense 3:1, 2