Spring na inhoud

Die streekhof in Oriol

17 MEI 2019
RUSLAND

Dennis Christensen se finale appèl in hof op 23 Mei

Dennis Christensen se finale appèl in hof op 23 Mei

Op Donderdag 16 Mei 2019 het Dennis Christensen se appèlverhoor voortgegaan. Die aanklaers en die regsverteenwoordigers het hulle finale verklarings gegee, en Dennis het die kans gekry om amper ’n uur lank in verdediging van homself te praat. Buitelandse diplomate en joernaliste was weer teenwoordig. Dit is ’n goeie teken, want mense regoor die wêreld stel nog steeds belang in hierdie saak al is dit twee jaar vandat Dennis gearresteer is en dit in die internasionale nuus bekend geword het.

Die verhoor sou tot Vrydag 17 Mei voortgeduur het. Maar die regters het aangekondig dat die saak tot Donderdag 23 Mei om 10:00 uitgestel is. Dennis sal dan sy laaste kans kry om voor die hof te praat voordat die regters hulle finale beslissing lewer. Dit is moeilik om te weet of die beslissing teen die einde van 23 Mei gelewer sal word, en of dit op ’n latere datum sal gebeur.

Dit gee ons moed wanneer ons sien hoe ons broers, soos Dennis Christensen en Sergei Skrinnikof, positief en getrou bly. Ons voel dieselfde oor ons mede-Getuies in Rusland as wat die apostel Paulus oor die Tessalonisense gevoel het toe hy geskryf het: “[Ons] beroem . . . ons op julle onder die gemeentes van God weens julle volharding en geloof in al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verdra.” – 2 Tessalonisense 1:4.