Spring na inhoud

Die paneel van drie regters van die Oriol-streekhof bly by die beslissing dat Dennis Christensen tot ses jaar tronkstraf gevonnis moet word

11 JUNIE 2019
RUSLAND

Dennis Christensen se vonnis word geappelleer by die Europese Hof van Menseregte

Dennis Christensen se vonnis word geappelleer by die Europese Hof van Menseregte

Soos voorheen berig is, het die Oriol-streekhof op 23 Mei 2019 by die beslissing gebly om Dennis Christensen skuldig te bevind. As gevolg hiervan moet broer Christensen nog steeds sy vonnis van ses jaar uitdien. Omdat hy twee jaar aangehou is voor sy verhoor, wat onder die Russiese wet gelyk is aan drie jaar tronkstraf, bly daar drie jaar oor van sy vonnis. Op 6 Junie 2019 is broer Christensen na ’n strafkamp oorgeplaas om sy vonnis te begin uitdien. ’n Aansoek oor broer Christensen se kriminele saak sal by die Europese Hof van Menseregte (EHMR) ingegee word. ’n Aansoek oor sy aanhouding voor sy verhoor is alreeds by die EHMR ingegee.

Ons is beïndruk met hoe broer Christensen hierdie onregverdige behandeling kalm verduur. Ons is oortuig daarvan dat Jehovah sal aanhou om vir hom en die meer as 200 Jehovah se Getuies in Rusland wat krimineel vervolg word, te ondersteun. – Psalm 27:1.

Lees wat Dennis Christensen op 16 Mei 2019 in die Oriol-streekhof gesê het.

Lees wat Dennis Christensen op 23 Mei 2019 in die Oriol-streekhof gesê het.