Spring na inhoud

Broer Dmitri Terebilof voordat hy in hegtenis geneem is. Kleiner foto: Dmitri word in ’n sel aangehou gedurende sy verhoor

12 JULIE 2023
RUSLAND

Dmitri Terebilof word krimineel aangekla deur Rusland omdat hy die Bybel met mede-gevangene bespreek

Dmitri Terebilof word krimineel aangekla deur Rusland omdat hy die Bybel met mede-gevangene bespreek

Op 20 April 2023 het die Russiese regering ’n nuwe kriminele saak teen broer Dmitri Terebilof gemaak, wat al vanaf September 2021 in die tronk is vir sy geloof. Dit is die eerste keer dat een van Jehovah se Getuies wat in Rusland in die tronk is, krimineel aangekla word omdat hy die Bybel met ’n mede-gevangene bespreek het sedert die Hooggeregshof in 2017 die bedrywighede van Jehovah se Getuies verbied het. Behalwe vir die drie jaar wat hy op die oomblik uitdien, kan Dmitri, as hy skuldig bevind word, nog agt jaar tronkstraf kry.

Terwyl die vervolging in Rusland al hoe erger word, word ons vertroue sterker dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in Rusland “die krag wat bo die normale is,” te gee. – 2 Korintiërs 4:7.