Spring na inhoud

Broer en suster Poljakof (links), suster Bektemirova (regs bo) en suster Dyusekeyeva (regs onder)

25 SEPTEMBER 2020
RUSLAND

Eerste getroude paartjie in aanhouding in Rusland en twee ander susters kan as misdadigers gevonnis word

Eerste getroude paartjie in aanhouding in Rusland en twee ander susters kan as misdadigers gevonnis word

Datum van uitspraak

Op 21 Oktober 2020 a word daar verwag dat die Perwomaiski-distrikshof van die stad Omsk die uitspraak sal lewer in die saak van broer Sergei Poljakof en sy vrou, Anastasia, sowel as suster Gaukhar Bektemirova en suster Dinara Dyusekeyeva. Die aanklaer het die hof gevra om broer Poljakof tot ses en ’n half jaar tronkstraf te vonnis. Die drie susters sal dalk elk ’n opgeskorte vonnis van twee jaar kry.

Profiel

Sergei Poljakof

  • Gebore: 1972 (Moermansk-streek)

  • Agtergrond: Het universiteit toe gegaan en ’n radiofisikus geword. Het met Anastasia in 2003 getrou

Anastasia Poljakowa

  • Gebore: 1984 (Moermansk-streek)

  • Agtergrond: Het regte op universiteit studeer. Sy en Sergei geniet dit om tale te leer, insluitende Chinees, Kazaks, Russiese Gebaretaal en Serwies

Gaukhar Bektemirova

  • Gebore: 1976 (Uryl, Kazakstan)

  • Agtergrond: Jongste van ses kinders. Het grootgeword in die berge van Kazakstan en was altyd lief vir die natuur. Het jare lank gewonder wat die doel van die lewe is. Het uiteindelik logiese en vertroostende antwoorde in die Bybel gevind. ’n Deeglike studie van God se Woord het haar versterk en vertroos terwyl sy onregverdig in aanhouding gesit is

Dinara Dyusekeyeva

  • Gebore: 1982 (Leningradskove, Kazakstan)

  • Agtergrond: Het diep nagedink oor die doel van die lewe toe sy ’n jong meisie was. Het die Bybel op die ouderdom van 17 begin studeer. Het die wysheid in die Bybel waardeer en was bly om te leer dat die Skrywer daarvan se naam Jehovah is. Geniet dit om basketbal en vlugbal te speel, te hardloop en om fiets te ry

Geskiedenis van saak

Op die aand van 4 Julie 2018 het broer Poljakof en sy vrou, Anastasia, geslaap toe ’n spesiale afdeling van die polisie hulle deur afgebreek het en hulle woonstel deursoek het. Gemaskerde polisiemanne het broer Poljakof wreed geslaan. Die polisie het die paartjie gearresteer en hulle na ’n detensie-sentrum voor hulle verhoor gestuur. Hulle is die eerste getroude paartjie wat tronk toe gestuur is ná die Hooggeregshof se uitspraak in 2017 wat die bedrywigheid van Jehovah se Getuies verban het. Die Poljakof’s was vyf maande lank in alleenopsluiting, weg van mekaar. Daarna was hulle drie maande lank saam onder huisarres.

In Mei 2019 het die owerheid weer die huise van Jehovah se Getuies in die Omsk-streek onwettig deursoek. As gevolg hiervan is suster Bektemirova en Dyusekeyeva gearresteer. Hulle sake is by die Poljakof’s se kriminele saak gevoeg. Die verhoor van al vier het op 1 April 2020 begin.

Ons weet dat Jehovah sy knegte die krag sal gee wat hulle nodig het om hierdie onregverdigheid te verduur. – Efesiërs 3:20.

a Kan heel moontlik verander