17 MEI 2024
RUSLAND
‘Ek is deel van Jehovah se familie’
Die Wiselkofski-distrikshof van die Krasnodar-gebied sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen broer Sergei Dwoeretjenski. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.
Profiel
Ons word baie aangemoedig deur die getroue voorbeelde van Sergei en ander wat gevind het dat Jehovah “’n skild [is] vir almal wat beskerming by hom kom soek”. – Psalm 18:30.
Tydlyn
13 Februarie 2022
Die owerhede het 31 huise, insluitende Sergei se huis, in Wiselki en naburige dorpe deursoek
15 Junie 2023
Kriminele saak word gemaak
10 Augustus 2023
Word onder reisbeperkings geplaas
8 Februarie 2024
Kriminele verhoor begin