8 JULIE 2024
RUSLAND
‘Ek kan die seëninge in my lewe sien’
Die Wiselkofski-distrikshof van die Krasnodar-gebied sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen broer Wiktor Spiritjef. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.
Profiel
Ons is dankbaar om te weet dat ons op Jehovah se onverdiende goedheid kan staatmaak terwyl ons aanhou om ‘nederig teenoor mekaar te wees’. – 1 Petrus 5:5.
Tydlyn
13 Februarie 2022
Ten minste 25 huise van Jehovah se Getuies word in Wiselki en Berezanskaja deur die owerhede deursoek. Dit sluit Wiktor en Larisa se huis in
23 Mei 2023
Kriminele saak word gemaak. Word aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie. Bankrekeninge word gevries
11 Julie 2023
Word deur die owerhede ondervra
22 Julie 2023
Word vir ’n tweede keer ondervra. Word onder reisbeperkings geplaas
30 Januarie 2024
Kriminele verhoor begin