Spring na inhoud

Broer Igor Awramenko, wat onlangs gesterf het, saam met sy vrou, Jelena

30 MAART 2020
RUSLAND

FSB-agente in Rusland deursoek broer wat gesterf het, se huis

FSB-agente in Rusland deursoek broer wat gesterf het, se huis

Op 23 Maart 2020 in Rusland se Chabarowsk-gebied het agente van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) sonder enige meegevoel die huis van broer Igor Awramenko deursoek en baie skade veroorsaak. Hulle het dit gedoen ses dae nadat broer Awramenko aan hartversaking gesterf het. Die speurders het ’n lasbrief van huisdeursoeking met broer Awramenko se naam daarop by hulle gehad. Tog het hulle ’n rekenaar, ’n kamera en verskillende ander persoonlike items gevat wat aan sy weduwee, Jelena, behoort.

Vroeër daardie dag het die polisie na suster Awramenko se werk gegaan en haar huis toe gevat. Daar het die hoofspeurder, Stanislaf Grebenkin, vir haar gewag met die lasbrief. Suster Awramenko het vir mnr. Grebenkin gesê dat haar man gesterf het. Hy het vir haar gesê dat hy geweet het dat broer Awramenko gesterf het, maar hulle het nog steeds die huis deursoek omdat die lasbrief uitgereik is voordat die owerheid geweet het dat broer Awramenko gesterf het.

Die speurder het suster Awramenko verseker dat die agente net die huis bolangs sal deursoek. Hy het gesê dat dit nodig was “om die saak gou toe te maak en in te dien by die [FSB]-argiewe”. Maar hulle het toe begin om haar huis om te keer.

In die Chabarowsk-gebied is kriminele sake teen tien Getuies gemaak. Die owerheid hou aan om ons broers en susters in Rusland se geloof te probeer afbreek. Maar ons weet dat ons broers en susters se ‘krag daarin sal lê dat hulle kalm bly en vertroue het’ in ons liefdevolle Vader, Jehovah. – Jesaja 30:15.