Spring na inhoud

Bo, van links na regs: Nina Astwatsatoerowa, Jelena Barmakina en Loedwiga Katanaewa

Onder, van links na regs: Igor Lontjakof, Joeri Redozoebof, Jekaterina Tregoeba en Jelena Tsorn

25 JULIE 2023
RUSLAND

Getuies in Wladiwostok word versterk deur gebed en ’n goeie gesindheid

Getuies in Wladiwostok word versterk deur gebed en ’n goeie gesindheid

Die Perworetjenski-distrikshof van Wladiwostok sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen suster Nina Astwatsatoerowa, Jelena Barmakina, Loedwiga Katanaewa, Jekaterina Tregoeba en Jelena Tsorn en broer Igor Lontjakof en Joeri Redozoebof. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.

Profiel

Dit vertroos ons baie om te weet dat Jehovah aanhou om sy regverdige knegte te seën, om vir hulle te sorg en om ‘hulle met sy goedkeuring te omring’. – Psalm 5:12.

Tydlyn

  1. 6 Augustus 2019

    Jelena Barmakina word krimineel aangekla

  2. 8 Junie 2020

    Kriminele saak word teen Nina, Loedwiga en Jelena Tsorn gemaak

  3. 17 Junie 2020

    Kriminele verhoor teen Jelena Barmakina begin

  4. 9 Julie 2020

    Huise van Nina, Loedwiga, Jelena Tsorn en Joeri word deursoek. Joeri word weggeneem en ondervra. Nina, Loedwiga en Jelena Tsorn word onder reisbeperkings geplaas

  5. 4 September 2020

    Igor word krimineel aangekla

  6. 8 September 2020

    Jekaterina word krimineel aangekla

  7. 29 September 2020

    Saak teen Jelena Barmakina word terugverwys na die aanklaer as gevolg van onvoldoende bewyse van ekstremisme

  8. 11 Augustus 2021

    Joeri word krimineel aangekla. Saak teen Jelena Barmakina word weer begin, en al die sake word gekombineer

  9. 28 September 2022

    Kriminele verhoor begin

a b Persoonlike kommentare van suster Astwatsatoerowa en Katanaewa is nie beskikbaar nie.