Spring na inhoud

Broer en suster Akopjan (voor in die middel) en ander wat hom in die hof kom ondersteun het.

6 MAART 2019
RUSLAND

Hof kanselleer vorige hof se beslissing teen broer Akopjan in Rusland

Hof kanselleer vorige hof se beslissing teen broer Akopjan in Rusland

Op 1 Maart 2019 het die Hooggeregshof van die Republiek van Kabardino-Balkarië beslis dat die laer hof se beslissing om broer Arkadja Akopjan skuldig te bevind, verkeerd is. Sy verhoor was al meer as ’n jaar lank aan die gang. Hy is onregverdig daarvan beskuldig dat hy “ekstremistiese” lektuur versprei en ‘godsdienshaat bevorder’.

’n Laer hof het vroeër die 70-jarige broer Akopjan gevonnis om gemeenskapsdiens te doen. Hierdie onlangse beslissing deur die Hooggeregshof het die laer hof se beslissing gekanselleer.

Ons dank Jehovah vir hierdie oorwinning, en ons is saam met broer Akopjan bly. Ons hou aan bid dat ons broers getrou sal volhard. – 2 Tessalonisense 1:4.