27 MAART 2024
RUSLAND
Hulle bly vol vertroue, voorbereid en positief
Die Leninski-distrikshof van Barnaoel in die Altai-gebied sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen broer Yuriy Kolotinskiy, Michail Resjetnikof en Anatoli Saritjef. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.
Profiel
Ons is dankbaar vir broers soos hierdie, wat sulke goeie voorbeelde is van mense wat geloof in en vertroue op Jehovah het. Ons is oortuig dat hulle sal aanhou om baat te vind by Jehovah se lojale liefde en getrouheid. – Psalm 25:10.
Tydlyn
25 Mei 2021
Kriminele saak word teen Michail gemaak
27 Mei 2021
Michail se huis word deursoek. Hy en Antonina word ondervra. Michail word onder reisbeperkings geplaas
6 Oktober 2022
Kriminele saak word teen Anatoli en Yuriy gemaak en word met Michail se saak gekombineer
7 Oktober 2022
Anatoli en Yuriy word onder reisbeperkings geplaas
19 Januarie 2023
Kriminele verhoor begin