15 JUNIE 2022 | BYGEWERK: 23 DESEMBER 2022
RUSLAND
JONGSTE NUUS – APPÈL | Galina Kobelewa vasbeslote om ’n getuienis in die hof te gee
Op 21 Desember 2022 het die hof van die Primorje-gebied gedeeltelik die appèl van suster Galina Kobelewa toegestaan. Sy hoef nie meer regskoste te betaal nie. Haar opgeskorte tronkvonnis van ses jaar is nog geldig.
Op 20 Oktober 2022 het die Lesozawodski-disktrikshof van die Primorje-gebied suster Galina Kobelewa skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Tydlyn
12 Mei 2020
Polisiemanne in die Primorje-gebied deursoek die huise van vier gesinne van Jehovah se Getuies, insluitende Galina se huis. Sy en haar seun, broer Sergei Kobelef, word ondervra en deur die owerhede ondersoek
8 Maart 2021
Die owerhede begin ’n kriminele saak teen Galina. Sy word aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie
7 April 2021
Sy word onder reisbeperkings geplaas
29 Oktober 2021
Kriminele verhoor begin
Profiel
Ons is dankbaar dat Jehovah aanhou om sy getroue knegte, soos Galina, na ’n “veilige plek” te bring terwyl hulle sy naam moedig verdedig. – 2 Samuel 22:18-21.