27 JANUARIE 2020 | BYGEWERK: 9 FEBRUARIE 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – APPÈL VERWERP | Russiese hof het broer Aleksandr Prianikof en suster Wenera en Darja Doelowa skuldig bevind
Op 8 Februarie 2024 het die Swerdlowsk-streekhof die appèl van broer Aleksandr Prianikof en suster Wenera Doelowa verwerp. Hulle opgeskorte tronkvonnisse sal nou in werking tree. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie. Die saak teen suster Darja Doelowa is uitgegooi omdat sy onder 18 was toe die beweerde oortreding gebeur het en die verjaringswet vir minderjariges verval het.
Op 14 Maart 2023 het die Hooggeregshof van die Russiese Federasie die uitspraak om broer Aleksandr Prianikof en suster Wenera en Darja Doelowa vry te spreek, nietig verklaar. Hulle saak sal nou na die appèl-stadium teruggaan.
Op 15 Maart 2022 het die Swerdlowsk-streekhof die uitspraak van Aleksandr, Wenera en haar dogter Darja verander. Maar hulle kan nog steeds in ’n ander saak skuldig bevind word.
Op 27 Januarie 2020 het die Karpinsk-stadshof Aleksandr saam met Wenera en Darja skuldig bevind. Die hof het Aleksandr ’n opgeskorte vonnis van twee en ’n half jaar, Wenera ’n opgeskorte vonnis van twee jaar en Darja ’n opgeskorte vonnis van een jaar gegee. Hoewel hulle nie tronk toe sal gaan nie, sal hulle op parool wees gedurende hierdie tydperk. Hulle sal hulle vonnis appelleer.