Spring na inhoud

Links bo: Broer Pjotr Filiznof. Links onder: Broer Andrei Wjoesjin. Regs: Broer Aleksandr Koeznetsof en sy vrou, Marija

13 FEBRUARIE 2023 | BYGEWERK: 6 NOVEMBER 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – APPÈL | Vervolging raak drie families in Jaroslawl

JONGSTE NUUS – APPÈL | Vervolging raak drie families in Jaroslawl

Op 30 Oktober 2023 het Dzerzjinski-distrikshof van Jaroslawl gedeeltelik die appèl van broer Pjotr Filiznof en Andrei Wjoesjin toegestaan. Hulle opgeskorte vonnisse was van ses en ’n half jaar tot twee en ’n half jaar verminder. Broer Aleksandr Koeznetsof en sy vrou, Marija, se vonnisse bly dieselfde.

Op 3 Augustus 2023 het die Dzerzjinski-distrikshof van Jaroslawl broer Pjotr Filiznof, broer Aleksandr Koeznetsof en sy vrou, suster Marija Koeznetsowa, en broer Andrei Wjoesjin skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis gekry. Andrei en Pjotr het vonnisse van ses en ’n half jaar gekry. Aleksandr en Marija het vonnisse van twee en ’n half jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons is oortuig dat ons, soos hierdie vier getroue knegte van Jehovah, onder diegene kan wees “wat op Jehovah vertrou, [en] onbeweeglik is”. – Psalm 125:1.

Tydlyn

  1. 13 April 2021

    In tydelike aanhouding geplaas nadat die owerhede hulle huise deursoek het

  2. 15 April 2021

    In aanhouding geplaas voor hulle verhoor

  3. 14 Julie 2021

    Vrygelaat uit aanhouding voor hulle verhoor en onder reisbeperkings geplaas

  4. 9 September 2022

    Kriminele verhoor begin