Spring na inhoud

Suster Anna Safronowa

28 JANUARIE 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS | Anna Safronowa tot ses jaar in ’n strafkolonie gevonnis

Swaarste, langste vonnis wat ’n suster gekry het vandat die werk in 2017 verbied is

JONGSTE NUUS | Anna Safronowa tot ses jaar in ’n strafkolonie gevonnis

Op 14 April 2022 het die Astrachan-streekhof suster Anna Safronowa se appèl verwerp. Sy is nog steeds in die tronk.

Op 25 Januarie 2022 is suster Anna Safronowa, wat 56 jaar oud is, skuldig bevind in die Troesofski-distrikshof van die Astrachan-streek en tot ses jaar in ’n strafkolonie gevonnis. Sy is onmiddellik in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 28 Mei 2021

    Kriminele saak is begin

  2. 2 Junie 2021

    Owerhede deursoek die huis waar sy saam met haar ma, wat 81 jaar oud is, woon. Anna is in aanhouding geplaas

  3. 3 Junie 2021

    Uit aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas. Verbied om haar huis te verlaat, behalwe om een uur per dag te gaan stap, van 9:00 tot 10:00

  4. 10 Junie 2021

    Bygevoeg by die lys van ekstremiste en al haar bankrekeninge is gevries

  5. 24 Januarie 2022

    Sy het in haar laaste kommentaar voor die hof gesê: “Jesus het sy volgelinge in Matteus 5:44 geleer om ‘[hulle] vyande lief te hê en om te bid vir die mense wat [hulle] vervolg’. Hoekom? Want daar is baie voorbeelde van vervolgers wat aanbidders van Jehovah geword het.

    “Ek hoop regtig dat ten minste een van die FSB se offisiere, speurders, sekuriteitswagte, regsgeleerdes en ander wat my hoor en my gedrag sien, anders oor Jehovah se Getuies sal begin voel . . . Miskien sal ten minste een persoon die Bybel wil lees, antwoorde op vrae wil vind, ’n begeerte ontwikkel om God te leer ken of selfs een van sy knegte word.”

  6. 25 Januarie 2022

    Skuldig bevind en tot ses jaar tronkstraf gevonnis

Profiel

Die getroue voorbeelde van ons broers en susters in Rusland en die Krim moedig ons aan terwyl ons na ons hemelse Vader kyk om ons die krag te gee om te volhard. – 2 Tessalonisense 1:4.

a Die onderhoud is gevoer voordat sy gevonnis is.