Spring na inhoud

Broer Denis Merkoelof en sy vrou, Natalija

27 DESEMBER 2022 | BYGEWERK: 27 MAART 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BOETE GEGEE | ‘Wanneer ons deur moeilike tye gaan, sal Jehovah ons sterk maak’

JONGSTE NUUS – BOETE GEGEE | ‘Wanneer ons deur moeilike tye gaan, sal Jehovah ons sterk maak’

Op 23 Maart 2023 het die Apatiti-stadshof van die Moermansk-streek broer Denis Merkoelof skuldig bevind. Hy is ’n boete van 500 000 roebel (omtrent R118 000) gegee.

Profiel

Dit maak nie saak voor watter uitdagings ons te staan kom nie, dit vertroos ons om te weet dat ons verhouding met Jehovah en ons vertroue in hom sal veroorsaak dat hy ons ‘standvastig en sterk sal maak’. – 1 Petrus 5:10.

Tydlyn

  1. 21 Julie 2021

    Beamptes het 14 huise van Jehovah se Getuies in en om Apatiti deursoek. FSB-beamptes het broer en suster Merkoelof se woonstel met geweld binnegedring, en die paartjie aangehou en ondervra. Hulle is die volgende oggend vieruur vrygelaat

  2. 22 Julie 2021

    Beamptes vra dat Denis terugkom na die speurder se kantoor. Hy word in tydelike aanhouding geplaas

  3. 23 Julie 2021

    Word vrygelaat en onder huisarres geplaas

  4. 17 September 2021

    Word vrygelaat van huisarres en onder reisbeperkings geplaas

  5. 15 Julie 2022

    Word amptelik aangekla van die organisering van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie omdat hy “liedjies sing” en “tot Jehovah God bid”

  6. 20 September 2022

    Kriminele verhoor begin