Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Oleg Konsjin, broer Sergei Maljanof en suster Swetlana Maljanowa

28 NOVEMBER 2022 | BYGEWERK: 27 APRIL 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BOETES GEGEE | Oorkom angstigheid deur op Jehovah te vertrou

JONGSTE NUUS – BOETES GEGEE | Oorkom angstigheid deur op Jehovah te vertrou

Op 26 April 2023 het die Leninski-distrikshof van Nizjni Nowgorod broer Oleg Konsjin, Sergei Maljanof en Roman Zjiwoloepof a en suster Swetlana Maljanowa, Sergei se dogter, skuldig bevind. Die hof het hulle boetes gegee wat wissel van 450 000 roebel (meer as R105 800) tot 700 000 roebel (meer as R164 600).

Profiel

Ons broers en susters wat getrou bly ten spyte van vervolging, bewys dat diegene wat ‘op Jehovah hoop, moedig en sterk van hart sal wees’. – Psalm 27:14.

Tydlyn

  1. 7 Februarie 2019

    ’n Regter gee die polisie toestemming om Sergei se telefoonoproepe en ander elektroniese kommunikasie te monitor

  2. 16-17 Julie 2019

    Polisie deursoek die huise van 31 families wat Jehovah se Getuies is, in Nizjni Nowgorod en die Nizjni Nowgorod-streek. Oleg, Sergei en Swetlana is gearresteer en na ’n tydelike detensiesentrum geneem. ’n Kriminele saak is amptelik teen hulle gemaak

  3. 18 Julie 2019

    Oleg, Sergei en Swetlana word vrygelaat uit die detensiesentrum. Die hof plaas beperkings op die twee broers wat hulle verbied om hulle huise op sekere tye te verlaat, om met mekaar te kommunikeer of om die internet te gebruik

  4. 24 Augustus 2021

    Roman was amptelik aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie en onder reisbeperkings geplaas

  5. 3 Maart 2022

    Die kriminele verhoor begin

a b Geen foto van broer Roman Zjiwoloepof was beskikbaar toe die artikel gepubliseer is nie.