5 FEBRUARIE 2024 | BYGEWERK: 9 OKTOBER 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER BOETE GEGEE | “Laat jou weg aan Jehovah oor”
Op 7 Oktober 2024 het die Sjadrinski-distrikshof van die Koergan-streek broer Aleksandr Loebin skuldig bevind en hom ’n boete van 500 000 roebel (meer as R91 000) gegee.
Profiel
Ons is oortuig dat ons, soos Aleksandr, selfs in moeilike tye getrou kan volhard terwyl ons op Jehovah se ondersteuning vertrou. – Jesaja 38:14.
Tydlyn
13 Julie 2021
Kriminele saak word gemaak
14 Julie 2021
Agt huise van Jehovah se Getuies word deursoek. Aleksandr word gearresteer, ondervra en in ’n tydelike detensiesentrum geplaas
16 Julie 2021
Word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor oorgeplaas
19 Julie 2021
Appèl word ingedien as gevolg van ernstige gesondheidstoestand
28 Augustus 2021
Ná ’n versoek van die Europese Hof van Menseregte en menseregte-aktiviste word Aleksandr vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
14 Julie 2023
Kriminele verhoor begin
7 September 2023
Verhoor uitgestel omdat Aleksandr gehospitaliseer is