24 NOVEMBER 2022 | BYGEWERK: 21 AUGUSTUS 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER IN DIE TRONK | Vasbeslote om geestelik besig te bly ten spyte van vervolging
Op 18 Augustus 2023 het die hof van die Altai-gebied die opgeskorte tronkvonnis wat broer Pawel Kazadaef voorheen gekry het, verander na ’n tronkstraf van drie jaar. Hy is dadelik in die hof in hegtenis geneem.
Op 29 Mei 2023 het die Indoestrialni-distrikshof van Barnaoel, Altai-gebied, broer Pawel Kazadaef skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van drie jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Dit versterk ons geloof as ons sien hoe Jehovah se volk vreugdevol en besig bly al gaan hulle deur moeilike tye. – Matteus 5:11.
Tydlyn
11 Mei 2021
Kriminele saak word gemaak
27 Mei 2021
As deel van ’n klopjag deur die polisie wat “Armageddon” genoem is, het veiligheidsmagte Pawel se woonstel in Nowokoeznetsk en die huis van sy familie in ’n ander gebied deursoek. Pawel en sy vrou is vir ondervraging na Barnaoel geneem, ’n stad ongeveer 350 kilometer van hulle huis af. Hy is krimineel aangekla dat hy die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie bevorder en is in tydelike aanhouding geplaas
28 Mei 2021
Vrygelaat uit aanhouding en onder reisbeperkings geplaas
12 Augustus 2022
Kriminele verhoor begin