Spring na inhoud

Broer Aleksei Koeprijanof en sy vrou, Jelena

16 FEBRUARIE 2023 | BYGEWERK: 21 SEPTEMBER 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Ek het groter waardering vir wat Jehovah voorsien’

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Ek het groter waardering vir wat Jehovah voorsien’

Op 15 September 2023 het die Kowrofski-stadshof in die Wladimir-streek broer Aleksei Koeprijanof skuldig bevind en hom tot een jaar tronkstraf gevonnis. Maar as gevolg van die tyd wat hy voor sy verhoor in die detensiesentrum en onder huisarres was, word sy vonnis gesien asof dit reeds uitgedien is. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons is ook vasbeslote om die voorsienings te gebruik wat ons van Jehovah ontvang, wat ons help om “die volle wapenrusting aan [te trek]” sodat ons “kan vasstaan teen die slinkse planne van die Duiwel”. – Efesiërs 6:11.

Tydlyn

  1. 17 Februarie 2021

    Amptenare het sewe huise van Jehovah se Getuies deursoek, insluitende die Koeprijanof-gesin se huis. Drie-en-twintig broers en susters was ondervra

  2. 28 Junie 2021

    Kriminele saak word gemaak. Word aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie deur vergaderinge by te woon

  3. 8 Julie 2021

    Huis vir ’n tweede keer deursoek. Is ondervra en in tydelike aanhouding geplaas

  4. 9 Julie 2021

    Oorgeplaas na ’n detensiesentrum voor sy verhoor

  5. 19 November 2021

    Word vrygelaat uit aanhouding voor sy verhoor en is onder huisarres geplaas

  6. 21 Junie 2022

    Huisarres is vervang met ander beperkings op waarheen hy mag gaan en wat hy mag doen

  7. 4 Oktober 2022

    Kriminele verhoor begin