Spring na inhoud

Broer Iwan Sjoeljoek

16 FEBRUARIE 2022 | BYGEWERK: 10 MEI 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | Geduld help broer Iwan Sjoeljoek om vervolging te verduur

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | Geduld help broer Iwan Sjoeljoek om vervolging te verduur

Op 10 Mei 2023 het die Nazarowo-stadshof van die Krasnojarsk-gebied broer Iwan Sjoeljoek skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van sewe jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 18 Junie 2020

    Gewapende polisiemanne het die Sjoeljoek-gesin se woonstel deursoek en Iwan in hegtenis geneem. Hy is in ’n tydelike detensiefasiliteit geplaas

  2. 19 Junie 2020

    Die hof het beveel dat Iwan voor sy verhoor na ’n detensiesentrum geskuif moet word

  3. 9 Julie 2020

    Vrygelaat uit aanhouding voor sy verhoor. Hy is nie toegelaat om met enige iemand buite sy huishouding te kommunikeer sonder toestemming nie. Is beveel om nie sy huis tussen 6:00 en 23:00 te verlaat nie, wat veroorsaak het dat hy nie kon werk nie

  4. 14 Augustus 2020

    ’n Speurder wou sy beperkings verleng, maar as gevolg van Iwan se goeie reputasie was dit nie goedgekeur nie. Die meeste van sy beperkings was verwyder

  5. 17 Augustus 2020

    Onder reisbeperkings geplaas

  6. 15 September 2021

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Hoe dankbaar is ons tog dat ‘Jehovah weet hoe om mense uit moeilike omstandighede te red’. – 2 Petrus 2:9.