Spring na inhoud

Broer Dmitri Dolzjikof en sy vrou, Marina

2 MEI 2023 | BYGEWERK: 3 JULIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | Gemotiveer deur voorbeelde van geloof

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | Gemotiveer deur voorbeelde van geloof

Op 30 Junie 2023 het die Leninski-distrikshof in Nowosibirsk broer Dmitri Dolzjikof skuldig bevind en hom tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Die regter het sy vonnis na drie jaar van dwangarbeid verander. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie. Gedurende sy vonnis sal 10 persent van sy salaris aan die regering oorbetaal word. Hy mag ook nie die stad verlaat nie.

Profiel

Ons het die vertroue dat Jehovah sal aanhou om Dmitri en ons almal te versterk terwyl Hy ons geloof en volharding raaksien. – Openbaring 2:19.

Tydlyn

  1. 13 Mei 2022

    Kriminele saak word gemaak

  2. 8 September 2022

    Woonstel word deursoek. Word tydelik in aanhouding geplaas

  3. 9 September 2022

    Word ondervra en met ’n vliegtuig vanaf Tsjeljabinsk na ’n aanhoudingsentrum voor sy verhoor in Nowosibirsk geneem, meer as 1 500 kilometer daarvandaan

  4. 11 November 2022

    Kriminele verhoor begin

  5. 24 November 2022

    Vrygelaat uit aanhouding voor sy verhoor en onder huisarres geplaas