Spring na inhoud

Broer Sergei Koeznetsof

6 JANUARIE 2023 | BYGEWERK: 19 APRIL 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | “My vertroue in Jehovah word net al hoe sterker”

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | “My vertroue in Jehovah word net al hoe sterker”

Op 18 April 2023 het die Newinnomisk-stadshof van die Stawropol-gebied broer Sergei Koeznetsof skuldig bevind en hom ’n opgeskorte vonnis van ses jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Die manier hoe Jehovah vir Sergei gesorg het, versterk ons geloof dat Hy sien ‘wanneer dit sleg gaan met ons’ en ons in moeilike tye sal ‘optel en dra’. – Jesaja 63:9.

Tydlyn

  1. 21 November 2018

    Baie huise van Getuies in Newinnomisk deursoek, insluitende Sergei se huis

  2. 12 Desember 2019

    Kriminele saak gemaak

  3. 18 Junie 2020

    Bygevoeg by lys van ekstremiste

  4. 31 Mei 2022

    Onder reisbeperkings geplaas

  5. 7 September 2022

    Kriminele saak begin