28 APRIL 2023 | BYGEWERK: 16 Junie 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Niks kan my vreugde van my af wegneem nie’
Op 15 Junie 2023 het die Kowrof-stadshof van die Wladimir-streek broer Roman Adestof skuldig bevind en hom tot een jaar tronkstraf gevonnis. Omdat hy reeds in aanhouding was voor sy verhoor, hoef hy nie terug te keer tronk toe nie.
Profiel
Ons is oortuig dat Jehovah, die “ewige Rots”, sal aanhou om ‘dié te beskerm wat ten volle op hom vertrou’ en dat hy ‘hulle blywende vrede sal gee’. – Jesaja 26:3, 4.
Tydlyn
28 Junie 2021
Kriminele saak word gemaak
8 Julie 2021
Huis word deursoek. Word gearresteer
9 Julie 2021
Word in aanhouding voor sy verhoor geplaas
25 November 2021
Word vrygelaat uit aanhouding voor sy verhoor en onder huisarres geplaas
21 Junie 2022
Word vrygelaat uit huisarres en onder reisbeperkings geplaas
26 September 2022
Kriminele verhoor begin