Spring na inhoud

Broer Anatoli Senin

26 SEPTEMBER 2022 | BYGEWERK: 16 JANUARIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | Ons broer bly geestelik sterk en oorwin vrees

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | Ons broer bly geestelik sterk en oorwin vrees

Op 12 Januarie 2023 het die Kizilski-stadshof van die Republiek van Toewa broer Anatoli Senin skuldig bevind en hom ’n opgeskorte vonnis van ses jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 28 Januarie 2021

    Gearresteer en in ’n tydelike detensie-sentrum aangehou nadat sy huis deursoek is

  2. 30 Januarie 2021

    Uit aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas

  3. 27 Maart 2021

    Uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  4. 17 Januarie 2022

    Daarvan aangekla dat hy die bedrywighede van Jehovah se Getuies reël

  5. 6 April 2022

    Kriminele verhoor het begin

Profiel

Jesus se woorde aan sy dissipels kan ons vertroos: “Moenie dat julle harte bekommerd of bang word nie.” – Johannes 14:27.