27 APRIL 2023 | BYGEWERK: 28 JUNIE 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | “Ons het niks kortgekom nie”
Op 27 Junie 2024 het die Maiminski-distrikshof van die Republiek van Altai Broer Sergei Petrenko skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van vier jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Soos Sergei, weet ons dat Jehovah sal aanhou om ons te help as ons getrou volhard. – 2 Samuel 22:19, 20.
Tydlyn
16 Januarie 2022
Huis word deursoek
28 Julie 2022
Kriminele saak word gemaak
7 Desember 2022
Word onder reisbeperkings geplaas
22 Desember 2022
Kriminele verhoor begin