21 SEPTEMBER 2022 | BYGEWERK: 19 JANUARIE 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | ‘Ons sal saam al hierdie dinge verduur’
Op 17 Januarie 2023 het die Aftozawodski-distrikshof van Nizjni Nowgorod broer Geworg Geworkjan skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Tydlyn
17 Julie 2019
Huis word deur polisiemanne deursoek. Elektroniese toestelle en dokumente word gekonfiskeer
18 Julie 2019
Word by die werk gearresteer en ingeneem vir ondervraging. Word tien ure lank aangehou
26 Augustus 2021
Word onder reisbeperkings geplaas
24 November 2021
Word daarvan aangekla dat hy vergaderinge van Jehovah se Getuies hou
26 Januarie 2022
Saak word na die aanklaer teruggestuur
Profiel
Soos Geworg se voorbeeld wys, kan dit ons help om vas te staan teen Satan en om “standvastig in die geloof” te bly wanneer ons onthou dat “die hele gemeenskap van [ons] broers in die wêreld op dieselfde manier ly”. – 1 Petrus 5:9.