Spring na inhoud

Broer Wadim Gizatoelin

25 NOVEMBER 2022 | BYGEWERK: 8 DESEMBER 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | “Ons weet dat ons nie alleen is nie”

JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | “Ons weet dat ons nie alleen is nie”

Op 7 Desember 2022 het die Metalloergitjeski-distrikshof van die stad Tsjeljabinsk broer Wadim Gizatoelin skuldig bevind en hom ’n opgeskorte vonnis van twee jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons kan ook daarvan seker wees dat wanneer ons deur moeilike tye gaan, ons nooit alleen is nie. Jehovah sal nooit sy getroue knegte verlaat nie. – Psalm 9:9, 10.

Tydlyn

  1. 26 Maart 2019

    Woonstel word deursoek as deel van die ondersoek teen Broer Wladimir Soeworof

  2. 31 Augustus 2021

    Kriminele saak word gemaak teen Wadim. Word daarvan beskuldig dat hy deelneem aan die bedrywighede van ’n godsdiensorganisasie wat verbied is

  3. 22 Oktober 2021

    Woonstel word vir ’n tweede keer deursoek. Wadim en sy vrou word ingeneem vir ondervraging

  4. 14 Julie 2022

    Word onder reisbeperkings geplaas

  5. 18 Augustus 2022

    Kriminele verhoor begin