8 NOVEMBER 2022 | BYGEWERK: 22 JANUARIE 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER TRONK TOE GESTUUR | Gebed en Bybellees help hom om aan te hou volhard
Op 17 Januarie 2024 het die Maikop-stadshof van die Republiek van Adigeja broer Nikolai Saparof skuldig bevind en hom ’n tronkvonnis van ses jaar gegee. Hy is al vanaf Maart 2022 in aanhouding voor sy verhoor en sal in aanhouding bly.
Tydlyn
22 Maart 2022
Kriminele saak word gemaak
23 Maart 2022
Nikolai word by die lughawe gearresteer terwyl hy saam met sy vrou en dogter is. Nadat hy ondervra is, word hy deur die owerhede aangekla van die organisering van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie. Hy word na ’n tydelike detensiesentrum gestuur. Sy huis word later deursoek
24 Maart 2022
Nikolai word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor oorgeplaas
19 Mei 2022
Kriminele verhoor begin
Profiel
Die voorbeeld van die Saparof-gesin herinner ons dat Jehovah altyd sal hoor as sy getroue knegte “om hulp . . . roep”. – Psalm 119:147.
a Gedurende die voorbereiding van hierdie artikel was broer Saparof in aanhouding voor sy verhoor en was dit nie moontlik om sy persoonlike kommentare te kry nie.