Spring na inhoud

Broer Danil Soeworof

16 DESEMBER 2022 | BYGEWERK: 20 JUNIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER TRONK TOE GESTUUR | Vreugdevol ondanks probleme

JONGSTE NUUS – BROER TRONK TOE GESTUUR | Vreugdevol ondanks probleme

Op 20 Junie 2023 het die Tsentralnji-distrikshof van Sotji broer Danil Soeworof skuldig bevind en hom tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Danil is sedert 18 Augustus 2021 in aanhouding, en hy sal in die tronk bly.

Profiel

Dit moedig ons aan om te weet dat wanneer ons soveel doen as wat ons kan om Jehovah te dien en om na aan hom te bly, ons ons vreugde kan behou maak nie saak watter probleme ons het nie. – Psalm 16:11.

Tydlyn

  1. 13 Augustus 2021

    Kriminele saak gemaak gebaseer op die getuienis van ’n persoon wat met die owerhede saamwerk en wat voorgegee het om in die Bybel belang te stel

  2. 18 Augustus 2021

    Huis word deursoek. Word gearresteer en in tydelike aanhouding geplaas

  3. 19 Augustus 2021

    Word oorgeplaas na aanhouding voor sy verhoor

  4. 29 April 2022

    Word amptelik aangekla van die organisering en deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie. Word ook daarvan aangekla dat hy ander kry om deel te neem

  5. 10 Junie 2022

    Kriminele verhoor begin

a b Gedurende die voorbereiding van hierdie artikel was broer Soeworof in aanhouding voor sy verhoor en was dit nie moontlik om sy persoonlike kommentare te kry nie.