4 APRIL 2024 | BYGEWERK: 9 APRIL 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROER TRONK TOE GESTUUR | ‘Wat regtig saak maak, is my vriendskap met Jehovah’
Op 8 April 2024 het die Aftozawodski-distrikshof van Toljatti in die Samara-streek broer Aleksandr Dolganof skuldig bevind en hom tot ’n tronkstraf van drie jaar gevonnis. Hy is in die hof in hegtenis geneem.
Profiel
Soos Aleksandr, is dit vir ons belangrik om ons tyd op die beste manier te gebruik gedurende die ‘goddelose dae’ waarin ons lewe. – Efesiërs 5:15, 16.
Tydlyn
16 Mei 2023
Huis word deursoek. Word na ’n tydelike detensiesentrum gestuur
17 Mei 2023
Word uit tydelike detensiesentrum vrygelaat en onder huisarres geplaas. Mag nie die telefoon of internet gebruik nie
10 Augustus 2023
Word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
13 November 2023
Kriminele verhoor begin