Spring na inhoud

Broer Aleksei Oechof

3 FEBRUARIE 2022 | BYGEWERK: 20 JULIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER VRYGELAAT | Daaglikse Bybellees en bepeinsing help broer Aleksei Oechof om op Jehovah te vertrou

JONGSTE NUUS – BROER VRYGELAAT | Daaglikse Bybellees en bepeinsing help broer Aleksei Oechof om op Jehovah te vertrou

Op 18 Julie 2023 het die hof van die Chabarowsk-gebied broer Aleksei Oechof se tronkstraf van ses en ’n half jaar verander. Hy sal nou ’n opgeskorte tronkvonnis van ses en ’n half jaar uitdien. Hy is kort ná die uitspraak uit die tronk vrygelaat.

Op 24 Maart 2023 het die stadshof in Sowetsko-Gawanski van die Chabarowsk-gebied Aleksei skuldig bevind en hom tot ses en ’n half jaar tronkstraf gevonnis. Hy is dadelik in die hof in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 22 Oktober 2020

    Offisiere van die FSB het die huis van broer Oechof deursoek. Elektroniese toestelle, USB-stokkies, SIM-kaarte, bankkaarte, persoonlike dokumente en gedrukte publikasies is weggeneem. Speurders het hom in ’n tydelike detensiesentrum gesit

  2. 23 Oktober 2020

    Die hof het beveel dat hy in ’n detensiesentrum bly tot sy verhoor

  3. 9 Julie 2021

    Vrygelaat en beveel om nie die gebied Komsomolsk aan die Amoer te verlaat nie, waar hy aangehou is

  4. 6 September 2021

    Die kriminele verhoor het begin

Profiel

Ons weet dat Jehovah sal aanhou om Aleksei te beloon omdat hy “die saak oorgelaat [het] aan die Een wat regverdig oordeel”. – 1 Petrus 2:23.