Spring na inhoud

Links: Broer Joeri Baranof en sy vrou, Nadezjda. Regs: Broer Nikolai Stepanof en sy vrou, Alla

8 JUNIE 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROER VRYGELAAT | Hulle word deur mede-aanbidders ondersteun

JONGSTE NUUS – BROER VRYGELAAT | Hulle word deur mede-aanbidders ondersteun

Op 10 November 2022 het die Wologda-streekhof sy uitspraak gegee in die appèl van broer Joeri Baranof en Nikolai Stepanof. Joeri se vonnis bly dieselfde. Nikolai se vorige tronkvonnis van vier jaar is verminder na ’n opgeskorte tronkvonnis van vier jaar. Hy is onmiddellik uit aanhouding vrygelaat.

Op 5 September 2022 het die Wologda-stadshof Joeri en Nikolai skuldig bevind. Joeri het ’n opgeskorte tronkvonnis van vier jaar gekry. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie. Nikolai het ’n tronkvonnis van vier jaar gekry. Sy vonnis het onmiddellik begin.

Tydlyn

  1. 19 Desember 2019

    Die huise van ses gesinne wat Getuies van Jehovah in Wologda is, word deur polisiemanne deursoek. Joeri en Nikolai word gearresteer en in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  2. 20 Desember 2019

    Joeri word vrygelaat en onder huisarres geplaas

  3. 23 Desember 2019

    Nikolai word in aanhouding voor sy verhoor geplaas

  4. 16 Maart 2020

    Joeri word uit huisarres vrygelaat, maar met sekere beperkings. Dit het sy kommunikasie met ander wat by sy kriminele saak betrokke is, beperk asook sy gebruik van die telefoon en internet

  5. 19 Mei 2020

    Joeri se beperkings word verwyder

  6. 13 Augustus 2020

    Nikolai word uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

  7. 25 September 2020

    Nikolai word uit huisarres vrygelaat

  8. 7 Maart 2022

    Die kriminele verhoor begin

Profiel

Dit is geloofversterkend om te sien hoe ons broers aanhou om te toon dat hulle getrou is ten spyte van vervolging. – 1 Tessalonisense 3:7.