14 DESEMBER 2023 | BYGEWERK: 30 JANUARIE 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROERS IN DIE TRONK | “Om op Jehovah te vertrou is die sleutel”
Op 25 Januarie 2024 het die Samarski-distrikshof van Samara broer Aram Danielyan, Denis Koezjanin, Sergei Polosenko en Nikolai Wasilijef skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n tronkstraf van sewe jaar gekry. Hulle is dadelik in die hof in hegtenis geneem.
Profiel
Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om almal te vertroos wat swaarkry as gevolg van hulle geloof terwyl hy hulle “standvastig maak in elke goeie ding wat [hulle] sê en doen”. – 2 Tessalonisense 2:16, 17.
Tydlyn
14 Desember 2021
Kriminele saak word gemaak teen Denis, Nikolai en Sergei
15 Desember 2021
Denis, Nikolai en Sergei se huise word deursoek. Hulle word in hegtenis geneem en na ’n tydelike detensiesentrum gestuur
16 Desember 2021
Denis, Nikolai en Sergei word voor hulle verhoor na ’n detensiesentrum oorgeplaas
6 Januarie 2022
Kriminele saak word teen Aram gemaak. Hy word by die lughawe in hegtenis geneem
7 Januarie 2022
Aram word voor sy verhoor in ’n detensiesentrum geplaas
12-14 Desember 2022
Al vier broers word voor hulle verhoor uit die detensiesentrum vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
16 Junie 2023
Kriminele verhoor begin