23 APRIL 2024 | BYGEWERK: 25 OKTOBER 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROERS SKULDIG BEVIND | Dankbaar om Jehovah te kan dien
Op 25 Oktober 2024 het die Perwomaiski-distrikshof van Izjewsk in die Republiek van Oedmoertië broer Jefgeni Stefanidin en Aleksandr Wotjakof skuldig bevind. Broer Jefgeni Stefanidin is ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee, en broer Aleksandr Wotjakof ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar en ses maande. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Net soos Aleksandr en Jefgeni, is dit vir ons ’n groot voorreg om ons hele lewe lank “sonder vrees heilige diens . . . te verrig” aan Jehovah. – Lukas 1:74, 75.
Tydlyn
14 April 2021
Polisiemanne deursoek Jefgeni se huis
13 Desember 2022
Kriminele saak word teen Aleksandr en Jefgeni gemaak
14 Desember 2022
Beamptes deursoek albei huise. Aleksandr word na ’n tydelike detensiesentrum gestuur. Jefgeni word onder reisbeperkings geplaas
15 Desember 2022
Aleksandr word uit tydelike aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas
9 Junie 2023
Aleksandr word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
17 Augustus 2023
Kriminele verhoor begin