Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Jefgeni Fedin, Artoer Sewerintjik en Timofei Zjoekof

26 JULIE 2022 | BYGEWERK: 6 DESEMBER 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROERS SKULDIG BEVIND | Jehovah versterk broers om onregverdige tronkstraf te verduur

JONGSTE NUUS – BROERS SKULDIG BEVIND | Jehovah versterk broers om onregverdige tronkstraf te verduur

Op 5 Desember 2023 het die Soergoet-stadshof van die Chanti-Mansi selfregerende streek – Joegra 17 broers en een suster skuldig bevind. Van hulle is broer Jefgeni Fedin, Artoer Sewerintjik en Timofei Zjoekof. Die 17 broers het opgeskorte tronkstrawwe gekry wat wissel van ses jaar en drie maande tot sewe jaar. Die suster het ’n opgeskorte tronkstraf van drie jaar en drie maande gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 15 Februarie 2019

    Polisie deursoek baie huise van Jehovah se Getuies in Soergoet en nabygeleë stede. Sewe broers het gesê dat hulle tydens ondervraging gemartel is. Drie broers is in aanhouding voor hulle verhoor geplaas, insluitende broer Jefgeni Fedin en Artoer Sewerintjik

  2. 7 Maart 2019

    ’n Appèlhof het beveel dat Artoer ná 21 dae uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat moet word

  3. 11 April 2019

    Jefgeni is ná amper twee maande uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat. Die hof het reisbeperkings op hom geplaas, asook beperkings op sy kommunikasie en internetgebruik

  4. 16 Januarie 2020

    ’n Regter het beveel dat broer Timofei Zjoekof na ’n psigiatriese hospitaal gestuur word vir ’n ondersoek. Die rede wat die speurders gegee het, was dat hy geweier het om tydens ondervraging vrae te beantwoord. Dit is ’n reg wat beskerm word deur Artikel 51 van die Grondwet van die Russiese Federasie. Timofei het sedertdien teen die bevel geappelleer

  5. 5 Februarie 2020

    Polisie arresteer Timofei toe hy die hof verlaat. Alhoewel sy appèl nog hangend was, het die polisie omtrent 1 200 kilometer met hom gery na ’n psigiatriese hospitaal in Jekaterinburg, waar hy 14 dae lank gebly het

  6. 5 Maart 2020

    ’n Appèlhof het beslis dat Timofei se aanhouding onwettig was

  7. 19 Oktober 2021

    Die appèlhof beveel dat Timofei vergoed moet word vir sy onwettige aanhouding

  8. 12 November 2021

    Gedurende ’n voorlopige verhoor het die regsgeleerdes van die beskuldigdes bewyse voorsien van onwettige en onetiese optrede deur die owerhede. Dit sluit in marteling, vervalste bewyse en diskriminerende deskundiges. Die beskuldigdes het die hof gevra om die saak terug te verwys na die aanklaer

  9. 15 November 2021

    ’n Regter erken dat dele van die ondersoek die wet geskend het, maar weier om die saak na die aanklaer terug te verwys

Profiel

Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om saam met Jefgeni, Artoer en Timofei, asook al die ander broers en susters te wees wat hulle ‘oë op die dinge hou wat nie gesien word nie’ terwyl hulle vervolg word. – 2 Korintiërs 4:17, 18.