Spring na inhoud

Boonste ry, van links na regs: Broer Nikolai Martinof, Sergei Kostejef, Jaroslaf Kalin en Michail Moisj

Onderste ry, van links na regs: Broer Igor Popov, Denis Sarazjakof, Aleksei Solnetsjni, Andrei Tolmatjef en Sergei Wasilijef

27 DESEMBER 2023 | BYGEWERK: 6 MAART 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Broers bly positief ten spyte van verlengde aanhouding en huisarres

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Broers bly positief ten spyte van verlengde aanhouding en huisarres

Op 5 Maart 2024 het die Oktjabrski-distrikshof van Irkoetsk broer Nikolai Martinof, Sergei Kostejef, Jaroslaf Kalin, Michail Moisj, Igor Popov, Denis Sarazjakof, Aleksei Solnetsjni, Andrei Tolmatjef en Sergei Wasilijef skuldig bevind. Nikolai, Sergei Kostejef, Jaroslaf, Michail, Aleksei en Andrei is elkeen tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Igor en Denis is elkeen tot ses jaar en vier maande tronkstraf gevonnis. Sergei Wasilijef is tot drie jaar tronkstraf gevonnis en is in die hof in hegtenis geneem. Die ander broers is in aanhouding voor hulle verhoor en sal in aanhouding bly.

Profiel

Alhoewel hulle tydelik van hulle families geskei is, is ons oortuig dat niks ons dierbare broers kan skei van God se liefde nie terwyl hulle getrou volhard. – Romeine 8:35-39.

Tydlyn

  1. 4 Oktober 2021

    Huise van Jehovah se Getuies word in die Irkoetsk-streek deursoek. Kriminele saak word teen Nikolai, Sergei Kostejef, Jaroslaf, Michail, Aleksei, Andrei en Sergei Wasilijef gemaak. Al sewe broers word in aanhouding geplaas

  2. 5 Oktober 2021

    Jaroslaf, Michail en Aleksei word na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor oorgeplaas

  3. 6 Oktober 2021

    Sergei Kostejef, Nikolai en Andrei word na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor oorgeplaas. Sergei Wasilijef word uit tydelike aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas

  4. 30 November 2021

    Meer huise word deursoek. Denis en Igor word gearresteer en na Irkoetsk geneem, meer as 1 500 kilometer daarvandaan

  5. 1 Desember 2021

    Igor word in ’n detensiesentrum voor sy verhoor geplaas

  6. 2 Desember 2021

    Denis word in ’n detensiesentrum voor sy verhoor geplaas

  7. 29 Desember 2022

    Kriminele verhoor begin

a b c d e f Omdat broer Martinof, Kalin, Moisj, Popov, Sarazjakof en Solnetsjni in aanhouding voor hulle verhoor was, was dit nie moontlik om onderhoude met hulle te voer nie.