Spring na inhoud

Links na regs: Broer Roman Marejef; broer Anatoli Maroenof; en broer Sergei Tolokonnikof en sy vrou, Marija

10 FEBRUARIE 2023 | BYGEWERK: 14 JULIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Drie broers word verhoor in Moskou-hof

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Drie broers word verhoor in Moskou-hof

Op 12 Julie 2023 het die Sawelofski-distrikshof van Moskou broer Roman Marejef, Anatoli Maroenof en Sergei Tolokonnikof skuldig bevind. Roman is tot ’n tronkstraf van vier jaar en ses maande gevonnis, Anatoli tot ’n tronkstraf van ses jaar en ses maande en Sergei tot ’n tronkstraf van vyf jaar. Anatoli is dadelik in die hof in hegtenis geneem. Roman en Sergei was klaar in aanhouding.

Profiel

Ons is dankbaar vir die lewende voorbeelde van geloof wat Roman, Anatoli en Sergei stel. En ons is oortuig dat maak nie saak watter moeilike omstandighede ons het nie, ons “nie bang vir enige gevaar [is] nie”, want ons weet dat Jehovah met ons is. – Psalm 23:4.

Tydlyn

  1. 20 Oktober 2021

    Die owerhede het agt huise van Jehovah se Getuies regoor Moskou deursoek. ’n Kriminele saak is teen Roman, Anatoli en Sergei gemaak. Hulle is daarvan aangekla dat hulle die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie reël en ander oortuig om aan hierdie bedrywighede deel te neem. Al drie broers is in tydelike aanhouding geplaas

  2. 22 Oktober 2021

    Roman en Sergei word in aanhouding voor hulle verhoor geplaas. Anatoli is onder huisarres geplaas

  3. 17 Junie 2022

    Die kriminele verhoor het begin

a Gedurende die voorbereiding van hierdie artikel was broer Tolokonnikof in aanhouding voor sy verhoor, en dit was nie moontlik om sy persoonlike kommentare te kry nie. Suster Pankowa het haar nooiensvan behou nadat hulle getroud is.