Spring na inhoud

Broer Jefgeni Bitoesof en broer Leonid Droezjinin

30 NOVEMBER 2022 | BYGEWERK: 29 DESEMBER 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Hulle Christelike eienskappe was versterk

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Hulle Christelike eienskappe was versterk

Die Zeiski-distrikshof van die Amoer-streek het broer Jefgeni Bitoesof en broer Leonid Droezjinin skuldig bevind. Broer Bitoesof is tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Broer Droezjinin is tot ses en ’n half jaar tronkstraf gevonnis. Hulle is dadelik in die hof in hegtenis geneem.

Profiel

Ons is trots op ons broers en susters wat aanhou om hulleself te bewys as God se bedienaars deur hulle volharding en geduld. – 2 Korintiërs 6:3-10.

Tydlyn

  1. 21 Maart 2019

    Polisiebeamptes deursoek die huise van ’n hele paar gesinne wat Jehovah se Getuies is in Zeja, insluitende die huise van Jefgeni en Leonid

  2. 10 Augustus 2020

    Kriminele saak word gemaak

  3. 13 Oktober 2020

    Polisiebeamptes deursoek die huise van Jefgeni en Leonid vir ’n tweede keer. Leonid was aangehou en twee ure lank ondervra

  4. 20 Junie 2022

    Kriminele verhoor begin