Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Sergei Asjichmin, Maksim Derendjaef en Aleksandr Koetin

8 JULIE 2022 | BYGEWERK: 13 MEI 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Hulle word deur gebed versterk

JONGSTE NUUS – BROERS TRONK TOE GESTUUR | Hulle word deur gebed versterk

Op 13 Mei 2024 het die Perwomaiski-distrikshof van Izjewsk broer Sergei Asjichmin, Maksim Derendjaef en Aleksandr Koetin skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n tronkvonnis van drie jaar gekry. Hulle is onmiddellik in die hof in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 14 April 2021

    Ten minste 12 huise van Jehovah se Getuies word deur FSB-agente deursoek. Sergei word sewe ure lank ondervra. Maksim en Aleksandr word aangehou en in die tronk gesit

  2. 15 April 2021

    Maksim en Aleksandr word na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor gestuur

  3. 29 April 2021

    Aleksandr word uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat

  4. 14 Mei 2021

    Aleksandr word onder huisarres geplaas

  5. 9 Julie 2021

    Maksim word uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

  6. 14 Maart 2022

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Ons broers verduur ongeregtigheid en vertrou op Jehovah, wat belowe: “Moenie bang wees nie, want ek is met jou.” – Jesaja 43:5.