24 AUGUSTUS 2022 | BYGEWERK: 16 AUGUSTUS 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – BROERS VRYGELAAT | Om op ander te fokus help broers om aanhouding te verduur
Op 15 Augustus 2023 het die Taiga-stadshof van die Kemerowo-streek broer Maksim Morozof en Joeri Oesanof skuldig bevind en elkeen tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Maar as gevolg van die tyd wat hulle in aanhouding voor hulle verhoor was, word hulle vonnis beskou as reeds uitgedien. Hulle was onmiddellik uit die tronk vrygelaat.
Tydlyn
1 April 2021
Kriminele saak word teen Joeri gemaak vir die organisering van godsdiensvergaderinge van ’n organisasie wat verbied is
2 April 2021
Owerhede deursoek Joeri se huis drie ure lank. Hy word gearresteer en in aanhouding voor sy verhoor geplaas
4 Augustus 2021
Kriminele saak word teen Maksim gemaak
6 Augustus 2021
Maksim word gearresteer en oornag aangehou
7 Augustus 2021
Maksim word krimineel aangekla en in aanhouding voor sy verhoor geplaas
16 Mei 2022
Kriminele verhoor begin
Profiel
Ons weet dat Jehovah die onselfsugtige gesindheid wat hierdie broers en susters toon, baie waardeer. Ons is vol vertroue dat Jehovah sal aanhou om hulle nou en selfs meer in die toekoms te seën. – Hebreërs 11:26.
a Gedurende die voorbereiding van hierdie artikel was broer Oesanof in aanhouding voor sy verhoor. Dit was nie moontlik om persoonlike kommentare by hom te kry nie.