Spring na inhoud

Van links na regs: Suster Nadezjda Korobotjko, broer Igor Kletkin en Nikolai Kononenko

1 APRIL 2024 | BYGEWERK: 30 JULIE 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – DRIE SKULDIG BEVIND | ‘Om op te gee is nie ’n opsie nie’

JONGSTE NUUS – DRIE SKULDIG BEVIND | ‘Om op te gee is nie ’n opsie nie’

Op 30 Julie 2024 het die Nikolaefsk aan die Amoer-stadshof van die Chabarowsk-gebied broer Igor Kletkin, Nikolai Kononenko en suster Nadezjda Korobotjko skuldig bevind. Igor en Nikolai het albei ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gekry. Nadezjda het ’n opgeskorte tronkvonnis van vyf jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons dank Jehovah vir die liefdevolle sorg en ondersteuning wat hy aan almal gee wat op hom vertrou en wat sê: “U is my God.” – Psalm 31:14.

Tydlyn

  1. 11 Oktober 2021

    Igor en Nadezjda se huise word deursoek. Igor word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  2. 12 Oktober 2021

    Nadezjda word ondervra

  3. 13 Oktober 2021

    Igor word uit die tydelike detensiesentrum vrygelaat

  4. 14 Oktober 2021

    Igor en Nadezjda word onder reisbeperkings geplaas

  5. 27 September 2022

    Nikolai word onder reisbeperkings geplaas

  6. 16 Januarie 2023

    Kriminele verhoor begin