25 MEI 2022
RUSLAND
JONGSTE NUUS | ‘Daar is nie ’n goeie rede om deur vrees oorweldig te word nie’
Op 25 Mei 2022 het die Metalloergitsjeski-distrikshof van Tsjeljabinsk broer Pawel Popof skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Tydlyn
26 Maart 2019
’n Groep van tien gemaskerde manne met masjiengewere en ’n hamer deursoek Pawel se huis nadat hulle dit binnegedring het
22 April 2021
Kriminele saak word gemaak
18 Mei 2021
Die owerhede deursoek Pawel se huis vir ’n tweede keer. Pawel se vrou, Jelena, en hulle 13-jarige dogter word vir ondervraging ingeneem
31 Augustus 2021
Word by die lys van terroriste en ekstremiste gevoeg
29 November 2021
Kriminele verhoor begin
Profiel
Ons weet dat Jehovah sy aanbidders sal aanhou ondersteun en beloon terwyl hulle moedig getrou bly gedurende moeilike tye. – 2 Samuel 22:19-21.