Spring na inhoud

Broer Dennis Christensen by die Zjeleznodorozjni-streekhof in Oriol

31 JULIE 2019
RUSLAND

JONGSTE NUUS – Dennis Christensen bly lojaal nadat hy na strafkolonie oorgeplaas is

JONGSTE NUUS – Dennis Christensen bly lojaal nadat hy na strafkolonie oorgeplaas is

Op 6 Junie 2019, twee weke nadat broer Dennis Christensen sy appèlsaak verloor het, het die Russiese owerheid hom oorgeplaas van die detensie-sentrum in Oriol na die tronk – Strafkolonie Nr.3 in die stad Lgof. Lgof is omtrent 200 kilometer van Dennis se familie en vriende in Oriol.

Toe Dennis by die tronk aangekom het, was hy beledig en het mense probeer om hom te kry om sy lojaliteit prys te gee. Maar Dennis het heeltemal op Jehovah vertrou en het gewys dat hy sterk en dapper is. – 1 Petrus 5:10.

In Finland (van links na regs): Mark Sanderson van die Bestuursliggaam, Irina Christensen en Tommi Kauko van Finland

Vandat Dennis gearresteer en aangehou is, het die broers sy vrou, Irina, liefdevol ondersteun en vir haar gesorg. In Junie het broer Mark Sanderson van die Bestuursliggaam en ander verantwoordelike broers Irina in Finland ontmoet om haar aan te moedig.

Dennis is nou al meer as ’n maand lank in die strafkolonie. Irina het onlangs toestemming gekry om een keer elke dag met hom oor die foon te praat. Sy het ook toestemming gekry om hom in die tronk te besoek.

Irina lees die aanmoedigende briewe van Dennis

Al is Dennis en Irina al deur so baie die afgelope twee jaar vandat hy gearresteer en in die tronk is, bly hulle lojaal en gelukkig. Volgens Irina is die weeklikse briewe van Dennis veral aanmoedigend. In een van haar gunsteling briewe van hom het hy geskryf: “Om positief te bly is die sleutel tot sukses, en ons het soveel redes om gelukkig te wees.” Hy skryf verder: “Die rede hoekom ons bestaan is om Jehovah se soewereiniteit te ondersteun. Ek weet dat ons nog ’n lang pad moet stap en dat ons nog nie gewen het nie. Maar ons sal uiteindelik dit alles oorkom. Hiervan is ek 100 persent seker.”

Op 21 Julie by die internasionale byeenkoms in Denemarke het broer Lett van die Bestuursliggaam ’n boodskap van Dennis gelees. Dit het gedeeltelik gesê: “Ek wens ek kon daar by julle wees, maar dit is nie nou moontlik nie, want ek het nog nie my huidige toewysing voltooi nie. Maar dit sal in die toekoms moontlik wees, en ek sien uit daarna.”

Terwyl Paulus in Rome in hegtenis was, het hy geskryf: “Ek dank my God altyd elke keer as ek aan julle dink in al my smekinge vir julle almal, terwyl ek my smeking met vreugde doen, . . . omdat ek julle in my hart het, aangesien julle almal deelgenote met my in die onverdiende goedhartigheid is, in my gevangenisboeie sowel as in die verdediging en wetlike bevestiging van die goeie nuus.” – Filippense 1:3, 4, 7.