19 MAART 2024 | BYGEWERK: 23 APRIL 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – EGPAAR SKULDIG BEVIND | ‘Jehovah is die Een wat my vertroos’
Op 22 April 2024 het die Petropawlofsk-Kamtsjatski-stadshof van die Kamtsjatka-gebied broer Sergei Tsjetjoelin en sy vrou, suster Jelena Tsjetjoelina, skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Soos Sergei en Jelena, is die perfekte geskenk van God se Woord ook vir ons kosbaar. Dit versterk ons en gee ons die wysheid wat ons nodig het om getrou gedurende moeilike tye te bly. – Psalm 19:7.
Tydlyn
25 September 2022
Kriminele saak word gemaak
17 Oktober 2022
Huis word deursoek
6 September 2023
Sergei word onder reisbeperkings geplaas
7 September 2023
Jelena word onder reisbeperkings geplaas
26 Desember 2023
Kriminele verhoor begin