Spring na inhoud

Suster Galina Abrosimowa

10 MEI 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS | Galina Abrosimowa oorkom haar vrese

JONGSTE NUUS | Galina Abrosimowa oorkom haar vrese

Op 11 Augustus 2022 het die Nizjni Nowgorod-streekhof suster Galina Abrosimowa se appèl geweier. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Op 6 Mei 2022 het die Sowietski-distrikshof van Nizjni Nowgorod Galina skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee.

Tydlyn

  1. 4 Junie 2019

    Speurders maak ’n saak teen ’n paar van Jehovah se Getuies in die Nizjni Nowgorod-streek. Hulle word aangekla van die hou van vergaderinge, die insameling van donasies en die evangelisasiewerk vir ’n godsdiensorganisasie wat verbied is

  2. 17 Julie 2019

    Die huise van 35 gesinne van Jehovah se Getuies word deursoek. Galina word gearresteer en twee dae lank in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  3. 19 Oktober 2021

    Galina se kriminele verhoor begin

Profiel

Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in Rusland die moed te gee om “voor goewerneurs en konings gebring te word . . . as ’n getuienis vir hulle”. – Markus 13:9.